04 December 2008

Wanneer is dit haatspraak?

Die ANC se bejaarde jeugliga was onlangs in die sop oor die omstrede uitlatings van sy leier, Julius Malema.Julius reken dis maar reg as hy nou sy lewe wil neerlê vir Jacob Zuma. Verder reken hy dat dit dus reg is as hy ander mense se lewens ook wil opoffer vir sy saak. Grens dit nie dalk aan haatspraak nie?

Julius Malema. Ek dink hy moet eerder sy van verander na Mampara.


Daar is telkemale klagtes ingedien by die South African Human Rights Commission (SAHRC), maar daar het niks van gekom nie. Dalk is die SAHRC nie so onafhanklik soos wat ons dit sou wou gehad het nie. Malema is min of meer regstreeks verantwoordelik vir die groot skeur in die ANC, wat uiteindelik gelei het tot 'n nuwe politiese party. Tog hou hy voet by stuk dat hy nié haatspraak gebruik het nie. So wat is haatspraak nou eintlik?

Op professor Pierre de Vos se blog het ek hierdie definisie raakgeloop:

Article 10 of PEPUDA prohibits any person from publishing, propagating, advocating or communicating words based on one or more of the prohibited grounds such as race, sex, gender and sexual orientation, against any person, that could reasonably be construed to demonstrate a clear intention to be hurtful; be harmful or to incite harm; or promote or propagate hatred.

Malema mag dus dalk wegkom op die tegniese punt dat hy nie haat of geweld gestook het teen enige spesifieke ras, geslag, seksuele voorkeurgroep of enige spesifieke persoon nie. Hy stook net haat en geweld in die algemeen. So 'n haatslet! Dog het hy naderhand om verskoning gevra oor sy uitlatings. Ek dink nie hy moes nie, want sedert die ANC nou gekloof is in die middel is ek nogals dankbaar vir die vent.

1 comment:

  1. En dan het Zuma die cheek om na Malema te verwys as 'n jong Mandela... Wat 'n klap in die gesig vir hom!

    Ek sien die definisie se "such as...". So ek dink nie dit is noodwendig 'n volledige lys van gronde nie, so ek dink sy uitlatings is wel haatspraak.

    ReplyDelete