Argumente vir Joost se sondeval
- Daar is wel 'n video. Maar dalk is dit 'n kranige waaghals wat instaan vir Joost?
- Die gevalle dame het 'n leuenverklikkertoets geneem wat daarop dui dat sy die waarheid praat.
- Joost is getroud met Amor Vittone en sy's nou nie juis iets vir die oog nie. Of vir die oor nie.
- As ek in Joost se skoene (of is dit nou kouse?) was, sou ek met oorgawe die wellustige video gemaak het, mits my vertoning goed was.
Argumente teen Joost se sondeval
- As Joost geweet het van die video, waarom het hy nie omkoopgeld betaal daarvoor nie? Of onderhandel vir regte op die video dat hy kan geld maak uit die storie ala Paris Hilton nie? Kyk, rugbyspelers is soms dom, maar nie só dom nie?
- As Joost nie geweet het van die video nie, waarom het hy nie omkoopgeld betaal daarvoor toe dit op die lappe kom nie? Ek weet darem nie, ek vermoed nogals Joost is óf onskuldig, óf dis ou Bloubulkoeie wat kwaadaardig uit die slet sloot gegrawe is.
- Geen Bloubul kan vir 'n halfuur lank stoot nie.
- Die Bloubul snuif nie van 'n hoer af nie.
Maak dit regtig saak?
Ek twyfel. Dis immers onnosel om sportmanne as jou morele kompas te gebruik. Joost is 'n rugbyspeler en maak sy bestaan uit rugby. Sy privaatlewe is tussen hom en Amor. Ek dink nie dit het 'n invloed op sy bekwaamheid wat rugby betref nie. En jy kan nie vir my vertel dat dit 'n ou glipsie is tussen die rugby skare nie. As Joost wel betrokke was by 'n swelgparty, is dit nou net kwaadaardige uitbuitery om hom te teiken. Los die arme man uit, man. Of ontbloot die hele hoernes vir wat dit is en bring maar nog videos na vore, want indien Joost wel betrokke was, was hy beslis nie die enigste een nie.
